Pieter Strydom

6 fans

Diegene wat weet sal saamstem dat dit bykans onmoontlik is om die hart en siel van dit wat ‘n boer, ‘n boer maak vas te lê. Steeds is dit presies wat jy van Pieter Strydom se musiek kan verwag.

Die gebore Pretorianer se liefde vir musiek was al van ‘n vroeë ouderdom by hom gekweek deur musiek saam met sy Pa en Oupa te maak. Op 9-jarige ouderdom het hy vir die eerste keer by sy neef se 21ste verjaarsdag gesing en alhoewel hy nog bitter jonk was, het hy geweet dat ‘n loopbaan in musiek vir hom beskore was.

Hy het sy skoolloopbaan by Hoërskool Hercules voltooi en dadelik ‘n pos geneem by ‘n vervoermaatskappy. Sy oorweldigende passie vir die kunste het die oorhand gekry en hy het begin om sy Pa se klank by optredes te meng. Kort voor lank het Pieter saam met sy Pa op die verhoog begin sing en na ‘n ruk het die rolle omgeruil – sy Pa agter die klankbord en hy tuis op die verhoog met ‘n kitaar in sy hand.

Pieter vertel laggend hoe hy nog op skool in die aande met sy BMW fiets uit die huis gesluip het. “Elke Woensdagaand het ek saam met ‘n vriend by ‘n plaaslike kuierplek gaan pool speel en musiek luister – veral na die mense wat aan die sangkompetisie deelgeneem het,” vertel hy. Een aand het hy besluit om in te skryf en het ‘n tweede plek behaal wat hom net verder aangevuur het om sy droom te volg.

In 2018 het sy droom vlerke gekry toe hy sy eerste album opgeneem het. Meeste van die liedjies op die album het hy self neergepen en een van die snitte, Al Wat Jou Beskryf kom uit die pen van die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer. Die plaaslike sangeres Rinel Day, Leonard Prinsloo en Carlé van Deventer het ook hand bygesit om die album, Die Man Vir Jou te voltooi.

Die COVID pandemie het geensins sy passie geblus nie en in Julie 2021 bring hy ‘n splinternuwe enkelsnit uit getiteld, Ek Is Daar. Dié hartroerende liedjie is geskryf deur Riaan Benade en is vervaardig deur Murray Lubbe van Hit Factory Records. “Ek het vir Riaan genader met die idee vir ‘n liedjie wat ek graag aan my dogtertjie wil opdra. Ek was baie opgewonde toe hy instem want dié man kan toor met woorde,” vertel hy.

Pieter is ‘n voltydse musikant maar het ook voor die inperking ‘n haarkapper besit. Hy sukkel om sy kitaar neer te lê maar min mense weet dat hy ook ‘n ou hand is met ‘n stel dromme, bekfluitjie en konsertina.

“Daar is baie wat ek wil vertel deur my musiek, veral die pad wat ek gestap het om tot hier te kom,” deel hy. “Ek sê altyd vir mense wie nie waag nie, wen nie. Om te sing is maklik, maar om uit te hou is waar die geheim lê.”

Sy drome sluit nog in om eendag op die Afrikaans Is Groot en Krone verhoog te sing waar sy musiek vertel van die lewe, sienswyses, uitdagings, hartseer, vreugdes, taal en trots van boerwees. Dit bly duidelik dat ‘n sterk Godgeankerde en ‘n egte boerehart agter beide sy musiek en sy uitvoering daarvan steek. En hy gaan nog vir baie jare sy hartslirieke met aanhangers deel.
  • Facebook page

Top tracks

Playlists

Similar artists

  • Discography
Featured in
Remoer Productions
09-06-2023
ADRENALIEN, Vol. 1
01
Die Texas Lyn Dans
Rea Le Roux
ADRENALIEN, Vol. 1
03:18
Composers: Remoer Publishing
02
Nicolene - Leroi Heunis
Leroi Heunis
ADRENALIEN, Vol. 1
03:07
Composers: M De Lange
03
Vat My Next Level
Ruan De Waal
ADRENALIEN, Vol. 1
03:25
Composers: Remoer Publishing
04
Maak My dans
Luna
ADRENALIEN, Vol. 1
03:55
Composers: Remoer Publishing
05
Stap Soos Karlien
Vincent Gordon
ADRENALIEN, Vol. 1
03:34
Composers: V Gordon
06
Harley Quinn
Bianca Goosen
ADRENALIEN, Vol. 1
03:31
Composers: Remoer Publishing
07
Bekkie
Armand Hofmeyr
ADRENALIEN, Vol. 1
03:48
Composers: Remoer Publishing
Access the complete album info (12 songs)